16.10.04

Martini Partytjie





Ons was verlede naweek uitgenooi na 'n Martini partytjie, deur 'n vroulike kolega van Mnr. T. Hulle het vir ons 'n E vite gestuur, dit is die eerste keer wat ons so uitgenooi was. Daar was baie mense, hulle doen dit blykbaar elke jaar. Die gashere was baie oulik. Ons het lekker konkoksies uit g-r-o-o-t Martini glase uit gedrink, daar was lekker eetgoed, lekker geselskap, deur die geraas van die musiek, maar wat ek die meeste geniet het, was dat ons baie gedans het, meestal 'n paar vrouens.



Hulle ken baie van die woorde en dan mimiek hulle daarby. Een vrou split en toe split ek ook, ek was verbaas dat ek dit kon regkry, ek het gedink dat ek baie seer sou hê, maar was gelukkig nie. Ons het eers so half drie huis toe gegaan! Daar was meestal Kanadese, maar ook 'n paar ander nationaliteite, almal was so om en by in hulle veertiger jare, daar was 'n paar Saskatchewaners, waarmee lekker gespot was, ons het selfs ge"arm" "wrestle". Ek het gelukkig die kamera gehad. Ek het ongelukkig later die aand in 'n regop staende tande-stokkie getrap, wat in die mat ingeteek het, was dit seer, my voet onder was blou vir 'n paar dae. Dit is gelukkig nou reg.

No comments: