1.11.02

Blast Hole Pond


Ons het na die waterval naby Blast Hole pond gevoetslaan op “Thanksgiving day”, dit is waar ons, ons eerste “Pitcherplant” gesien het. Dit is naby Portugal Cove. Dit het ons sowat 6 ure geneem, om 7 km te stap, want ons het heelwat fotos geneem en die pad is vol op en afdraandes. Die boek sê “strenous’ & “allow 4 hours”. Dit was ‘n bewolkte plus 10 grade, wat goeie weer is vir ons, want daar was nie wind nie. Daar was nog Blueberries, vier-voet het nou slim geword en eet daaraan. Ons het dit uitputtend gevind, seker omdat ons lanklaas gevoetslaan het, self die honde het moeg geword. Ons was so 200’ en toe val dit skielik so 100’ na die waterval. Dit was baie mooi, want die waterval val in die see in, maar die afgrondes is gevaarlik. Die uitsig na P.C, Conception Bay, Bell Island en die “ponds”, was mistig maar mooi. Die herfs-kleure was baie mooi.

Dit is in die meer waar Nathaniel Picco tragies verdrink het in 1897, met ‘n honde slee op die ys. Sy graf is in die begrafplaas by P.C.

No comments: