1.11.02

Bay Bulls Lugtoring



Ons het op “Armistice” dag (12 ºC.) na die Lugtoring naby Bay Bulls gestap wat ook deel is van die East Coast trail. Dit is verder as waar ons, ons eerste ysberg gesien het.
Dit het ons sowat 4 ure geneem om die 8 km te doen. Dit was ‘n heerlike 12 grade, alhoewel mistige dag. Daar is pragtige baaie ( coves) en rotse. Ons het ander vriendlike voet-gangers tee gekom. Dit is nie ‘n plek om te stap as jy hoogte vrees het nie, die afgronde is fantasties. Daar is blykbaar see-rowers wrakke in Bay Bulls Baai.

Die verlate lugtoring staan op die rotse by 'n afgrond, dit het nie meer 'n gebou nie alhoewel daar ou fondasies naby is. Die onderste deur staan permanent oop want dit is geroes, so ons kon binne in en op met die leertjie. Bo was ook 'n deur waar ons kon uitgaan. Die uitsig van bo af was baie mooi. Ons het almal binne in die lugtoring gesit en ons middag ete geeët en gerus, beskut uit die wind. Die lugtoring was in 1908 gebou. Daar is heelwat fotos op die net daarvan. Ons kon Gull Island van daar af sien. Dit behoort 'n goeie uitkyk plek te wees vir Walvisse en ysberge.
Ons het 'n ander pad terugekom wat effens makliker, maar baie nat was, Die honde was vol modder, maar hulle het dit baie geniet en was ook poot-uit

No comments: