7.6.01

Sjinese Mall


Ons het ‘n oulike Sjinese Mall ontdek. Dit is in die Noorde van Calgary. Binne is ‘n groterige supermark, daar is 'n “food court”, medisyne winkel, restaurant,
geskenk, klere winkels, ens. Alles Sjinees.

Ek was gek oor die klere ek kon nie besluit wat om te koop nie. Hulle verkoop selfs swart sy pakke vir mans, soos wat hulle vir Tai Chi dra. Die satyn rokke (Cheongsam) met Mandaryn krae en “frogs” is pragtig en redelik geprys. Ek het toe besluit op ‘n swart linne baadjie met pienk satyn inset, “trim”, Mandaryn kraag en “frogs”. Ek moes dit in ‘n X -Large koop, die klere is so klein.

By die supermark het ons o.a. ‘n heerlike bottel koue Groen tee met heuning in gekoop. “Planters” grondboontjie olie, (‘n mens kan blykbaar die Kalkoen daarin ook diepbraai, maar ek dink dit kan ook ‘n lekker geurmiddel maak) Oesters, sampioene, blikke Kokus melk vir . 69c elk, ingelegde gemmer, ens. Daar is ook vars krewe, (Lobsters) Krap, Mossels, ens. in tenke, vir ‘n beter prys as by Superstore.
Ons het ook borde Sushi (take out ) vir ‘n goeie prys gekry. Die een winkel verkoop pragtige potte-bakkers breekware en ornamente vir ‘n goeie prys. Ons het by die geskenk-winkel ‘n stel "Jade" beeldjies gekoop, hulle heet Fuk, Luk en Sau, dit is baie populêr in Fen Shui. Hulle simboliseer gesondheid, rykdom en krag.
( health, wealth and power) asook ‘n klein "Jade" Buddha en klip beeldjies van ons Sjinese astrologie tekens. Ek is ‘n Skaap en Charles is ‘n Draak.

No comments: