9.6.01
Rawson meer
Verlede Saterdag het ons op ‘n stap van +- 6 myl gegaan in Kananaskis gegaan. Ons seun het nie saam gegaan nie. Dit is waar Meneer Tokeloshe gaan “Snow shoe” het. Dit is die Rawson meer voetslaanpad, ‘n mens kan nie by die meer uitkom met ‘n motor nie. Die stap begin langs Kananaskis meer en volg daarna ‘n styl 45 grade klim. Dit is sowat ¾ uur van Calgary af. Ons het rug-sakke gehad met warm/ waterdigte klere, kos, water, kamera ens. Ons het gelukkig albei met loop-stokke gestap. Meneer T. het syne gemaak sodat dit ook ‘n “Monopod” is vir sy kamera.
Die weer het pragtig begin, ons het in T-hemp en kort broek gestap en selfs begin sweet. Gelukkig was dit bewolk en tussen die bome. Ek moes kort-kort asem skep. Op pad het ons fotos geneem van Rawson waterval, wat klein is, maar nog gedeeltelik gevries is, sodat die dik ys onder aan die hout brug vas sit. Daar was ook ‘n hout paadjie van so 1 kilometer, waarvan Mnr. T. nie eers geweet het nie, omdat dit laas deur sneeu bedek was. Hoe hoër ons gegaan het hoe koeler het dit geraak, sodat ons later deur meer as ‘n voet diep sneeu gestap het. Ek het nie waterdigte stewels gedra nie, so my skoene en sokkies het nat geword. Lessie geleer.
Die meer, +- 200’, was gedeeltelik gevries, met die Sarrail berg, +-3000’ en glêtser agter, dit was pragtig en die moeite werd. Daar was ‘n ligte reën, so ons het warmer aangetrek en lekker daar bo geëet. Die afdraende was makliker, maar hard op die knië Dit het ons so 3 ½ - 4 ure geneem. Daar was ‘n paar ander gesellige voet-ganers, o.a ‘n Engels man van J.H.B. Ons het ‘n eekhoring gesien en voëls gehoor. Daar was baie mos en ou bome. Op pad huis toe het ons bokke teë gekom.
Ons het ‘n lekker bier, “Vodka cooler” en tee gedrink by die Kananaskis Lodge, saam met ander nat voet-slaners, by daardie tyd het dit gesous.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment