1.7.01

Canada Day

Verlede naweek was‘n lang-naweek, Sondag was Canada Day en meeste mense het Maandag afgekry. Sondag was ‘n pragtige dag. Onshet met die kanoe die Bow rivier af gevaar, van Bow ness park in die noorde van Calgary, tot by die dieretuin. Daar is ‘n “weir”.

Naby Bowness is pragtige huise op die oewer, orals langs die rivier het mense gedraf, fiets gery, gestap en ge- “Roller-blade”. Die stad lyk heel anders van die rivier af. Daar was heelwat kanoes, selfs mense met “tubes”. Ons het baie Seemeeue, ganse en baie vriendelike mense gesien. By Princess eiland was ‘n partyjie, mense het vlaggies in hulle hoede gehad, geverf op hulle gesigte en somige het selfs ‘n groot vlag soos ‘n “cape” gedra. Ons het gesonbrand, ten spyte daarvan dat ons sonbrand-room aangehad het.

No comments: