28.5.01

Victoria Day

Sondag was dit warm. Mnr.T. het ‘n 6 kg kalkoen gebraai in diep olie, +-350 grade C. Blykbaar moet jy die vlerke eers afhaal en laaste braai. Ons het ‘n spesiale braai gekry waarop ons "Cadac" goed soos ploegskaar, roker en giet-yster-plaat ook werk. Maandag was ‘n vakansie dag, Victoria day. Dit was ‘n heerlike dag. Ons het gaan fiets ry in Kananakis naby Bragg Creek, waar die mans jag. Ons seun en vriende was ook saam. Ons het ‘n stywe modderige opdraende gery met ‘n sinkplaat pad afdraende. Ons het fotos geneem waar ons almal poseer by ‘n bordjie was sê: “Ice floes” Die pad is ‘n “Cross country ski” roete. Ten spyte daarvan het ons dit baie geniet, ons het omtrent 5 kilos gery en ons self beloon met “Iced Cappacinos” en ietsie te eet. Die geheim is, om nie dat die strooitjie teen jou verhemelte te laat raak nie, anders kry jy “Brain Freeze”

No comments: