23.5.01

Graduation


Woensdag was ons seun se "Graduation" seremonie by die Jubilee auditorium , dit is waar hulle opvoerings soos “Cats”, ens. opvoer. Dit was ‘n groot storie. Hulle was omtrent 500 kinders, net van sy se skool, met toesprake, musiek, orkes, ens. Dit het die hele oggend geneem. Hulle het Konings-blou togas gedra. Hulle was gevra om netjies ( black dress slacks) aan te trek, maar daar was ‘n ligte broek of twee hier en daar, meeste meisies het sandale gedra, een meisie het ‘n ou paar tekkies gedra. Meestal was hulle netjies en daar was nie Blou denim ( nationale drag) Goths, Punks, pers, goen of pienk gekleurde hare, ens. nie.

Daar was een snaakse toespraak en ‘n ander goeie deur een van ons seun se geliefkoosde onderwysers. Dit het ‘n staande ovasie ontvang. Een meisie het “Would you believe in miracles” gesing, die woorde is pragtig. Sy het dit soos ‘n ballade gesing.

No comments: