16.2.00

Kananaskis

Ons was Sondag Bragg Creek en Kananaski’s toe, dit was ‘n pragtige sonskyn dag. Ons het skrikerig op die gevriesde rivier geloop by Bragg Creek, ons loop maar in ander se spore. Klank dra besonder vêr, die ys klink hol onder ons boots en daar is plek-plek krake in die ys. Daar was plekke waar die water deur die ys gevreet het. Die ys was meer as ‘n voet dik, blykbaar kan ‘n mens op 6 duim dik ys loop.
In Kananaski’s was die Allen Bill Pond skoon gemaak, hulle maak ‘n groot vierkant en dan ‘n sirkel daarom. Binne het mense ys-hokkie gespeel. Daar was mense wat kinders op slees getrek het en honde wat mense op skaatse getrek het.

Tokeloshe

No comments: