3.4.04

Resies

Mnr. T. het ook al weer in ‘n resies gehardloop, dit was ‘n warm dag en ‘n gedeelte daarvan was ‘n stywe opdraende, maar hy het nie te min baie goed gedoen. Ek en ons hond het lekker in die son gesit, en die mense dop hou. Baie kinders het ook deel geneem en hulle lyk te oulik in hulle groot, rooi Flames truie. Ons hond het natuurlik soveel aandag gekry, veral van die kinders. Hulle het narre en lekker verversings gehad.

No comments: