19.8.03

Ha Ling Piek


Op 'n bewolkte Saterdag is ons na Ha Ling Piek toe, naby Canmore. Somige van ons vriende het saam gegaan. Dit is so 40 grade klim, met 'n pragtige uitsig tussen die bome deur. Daar was baie ander vriendlike stappers. Na sowat 2 ure het ons terugedraai, want dit het ongelukkig begin reën ( blykbaar het dit bo gehaël) en ons was bang dat die pad te glad sal wees om af te kom, so ons sal weer probeer, want die uitsig van bo is blykbaar fantasties van Canmore en die meer. Toe ons onder kom het dit natuurlik opgehou reën, ons het weer by Buller berg gebraai.

No comments: