25.2.03

Winterlude





Die dag na nog ‘n sneeu-storm het ons Winterlude toe gegaan in Bowring park, dit was ‘n koue –5 plus “windchill”, maar sonige dag. Ons moes redelik vêr loop in die sneeu. Die park is pragtig met die skoon nuwe sneeu. Daar is weer Swane in die dam. Daar was sneeu beelde, waar hulle die sneeu kompakteer in vorms soos lewens-grote karre en dit kleur. Kinders het ge”sled”, dit is lekker om hulle gesigte dop te hou. Ouers trek ook die warm gebondelde kinders langs die pad in slees rond. Daar was ook speletjies, “Cross country skiing”, skaats, ens.


Mens kan skis daar huur, alles was baie kleurvol. Daar is ook sneeu beelde in die dorp, van lewens-grote treine, nog karre, ens. Hulle hou ook kompetisies in mense se erwe, waar daar pryse te wen is. Dit is alles deel van die Winter “Festival”. Ons het nie so iets in Calgary gesien nie, alhoewel daar pragtige “Ice sculptures” was. Daar is ook nou ‘n “Ice” hotel in Quebec, wat baie duur is.

No comments: