27.1.03

Sneeu-storm

Na die sneeu-storms dan skoffel die mense vir ure om hulle opritte skoon te kry,veral in die dorp is hulle omring deur mure sneeu. Dit lyk soos Gophers wat binne werk, kort-kort sien ‘n mens net ‘n hoop sneeu oor die muur vlieg.

Een dag met ‘n sneeu-storm, moes Meneer Tokeloshe werk toe gaan, hy het met die 4x4 gery. Hy bel toe van die werk af sodat ons hom kan gaan haal, die gebou langs aan hulle was aan die brand en hulle kon nie by hulle karre kom nie. Omdat ons haastig was trek ons nie te warm aan nie. Toe ons langs Windsor meer verby ry is dit ‘n “white out” en daar is geen afdraai plek nie, ons seun wat bestuur het ry al hoe stadiger en sit later vas, gelukkig het ons ‘n graaf in die kar gehad, maar met die sneeu was dit 'n onmoontlike taak. Daar is nie eers aftrek plek nie, ons sit in die middel van die pad, met “hazard warning" ligte aan, gelukkig ry almal versigtig,maar ons was nog benoud. Gelukkig het mense ons uit gehelp en een voertuig het al die pad voor ons gery tot in die stad.

No comments: