5.3.01

Winter festival

Dit was hierdie week die Calgary Winter festival. Daar is verskllende goed aan by C.O.P. ( die ski plek in Calgary), Devonian tuine, Eau Claire mark, die skaats baan in die stad , Princess Island, ens. Somige van die items was Ys beeldhou werk (“Ice sculptures”) , “bob sled”, ski jumping, tube ry op die ys, ens.

Ons is Saterdag oggend midde-stad toe. Dit was baie koud, minus 18 met ‘n “Windchill” wat dit nog kouer laat voel. Die stad self is ook kouer as die ander plekke, want daar is so min son. Gelukkig kan ‘n mens met die "plus 15" in die stad loop. Dit is bruggies wat op die tweede vloer, oor die strate gaan. Hulle is 15 voet van die vloer af en altyd ten minste 15 grade C. binne. Daar is amper 15 kilometers daarvan al in die stad. Ons het eerste na Devonian tuine toe gegaan, dit is groot binnemuurse tuine met plante, pragtige brons beelde, hout maskers teen die mure, watervalle, dammetjies vol Koi, skilpaaie, ens. Daar is selfs masjiene waar ‘n mens vis-kos kan koop. Orals is wandel-paadjies en bruggies. Alles binne in ‘n gebou met glas vensters.

Dit is natuurlik heerlik om in die middel van die winter daardeur te loop want dit is warm, groen en vogtig daar binne. Die “Winterfest” items was maar meestal vir kinders bedoel met “Face Painting”, narre, towenaars, ens. Binne in die geboue is natuurlik “Malls”, so ons het ‘n bietjie daar rond gesnuffel.

Toe durf ons die koue aan, om ‘n paar blokke na die Eau Claire mark toe te loop. Daar is nie ‘n plus 15 soontoe nie. Gelukkig is dit binne in ‘n gebou en ons het ‘n heerlike Laté uit groot pottebakkers bakkies uitgedrink. Ons sien dat “ True North” by die Imax teater wys, maar ons sal daarna gaan kyk as ons seun saam is. Ons het toe oor die brug geloop na Princes’s island, gelukkig het daar ‘n sonnetjie geskyn maar dit was nog steeds baie koud. Ons is maar vinnig weer terug kar toe, waarna ons deur “China town” gery het. Die straat name is alles in Sjinees en Engels en daar is Sjinese vir Afrika. Ons het een ou ‘n waentjie gesien stoot , wat gelyk het asof dit vol vars krewe was. Dan kan jy amper dink jy is in Sjina.

No comments: