1.7.00

Attabasca Gletser

Ons met die “Ice fields” opgery met die pad na Jasper toe. Ons het ‘n paar Glêtsers gesien waarvan die beste Attabasca was. “Heaven frozen over” Ongelukkig het dit gereën en was koud, 4 grade. ‘n Mens kan met ‘n spesiale bus op die glêtser ry, maar ons het nie weens die swak weer en baie toeriste.

Ons was gelukkig voorbereid en het warm klere saam gevat. Ons het ‘n stewige klim aangepak en tot op die glêtser geloop. ‘n Kennisgewing sê dit is asof ‘n mens “15 flights of stairs” klim. (300m) Daar is kennisgewings langs die pad, wat aandui waar die glêtser was in 1932, 1954, 1982 (die jaar wat ons seun gebore is ) ens. Hulle is omtrent 80m van mekaar af. Ons het op die glêtser geloop, wat bietjie geel is. ‘n Mens word gewaarsku dat dit gevaarlik is, want daar is krevasse. Iemand het ‘n paar jaar gelede ingeval en hy het verkleim voor hulle hom kon red. Waar die glêtser voorheen was, was net klip, ons het ‘n paar mooi klippies opgetel. Somige van die groot klippe was vol krap merke soos die glêtser daaroor gegaan het. Ons het ook oor die Sascatchewan rivier gery.

Op pad huis toe het ons by Banff langs gery waar ons wou middagete eet, maar daar was ‘n groot “parade” aan, toe eet ons maar by die huis. Ons het ‘n draai gegooi by Minawanka loop en Johnsohn’s canyon, wat ons nie weer geloop het nie weens my Ma se been.

No comments: