30.6.00

Kuiermense

My skoon-ouers het vir ons kom kuier van Suid-Afrika af. Hulle vlug het goed gegaan, hulle het skoon lug gehad, terwyl hulle oor ‘n hoek van die Artiese sirkel gevlieg het, hulle was so gelukkig hulle het selfs oor Groenland gevlieg, waar hulle pragtige gletsers en “ice floes” gesien het. Dit het al klaar hulle vlug die moeite werd gemaak. My skoonma het ‘n seer knie gehad en hulle het amper gekanseleer daaroor. Dit lyk nie asof hulle te veel sukkel met reis-roes nie. Die weer is fantasties, baie warm, so hoog soos 27 grade die eerste week al. Ek is baie gelukkig, dat my Pa hou van kosmaak. Hy maak roer-braaie, het al vis gebak en vis-koekies gemaak. Hulle geniet die Salm wat nou ‘n goeie prys is. Ons het selfs vir hom voorskote gekoop. Ek het selfs ‘n foto van hom geneem terwyl hy kos maak.

No comments: