16.11.98

Lake Louise (Winter)


Ons het die naweek in die Chateau Lake Louise gebly vir Deloittes se Kersfees partytjie. Dit het sowat 200 kamers, die deure is met Volkskuns versier. Ons het ‘n pragtige uitsig oor die gevriesde meer gehad. Die hotel was baie mooi vir Kersfees versier, met heerlike kos, ‘n Kersvader, “carollers”, ens. Ons het ‘n perde-slee rit gehad deur die sneeu, die perde dra klokkies, die bestuurder was soos Wild Bill Hicock aangetrek. Almal het Kersliedere gesing, dit was baie koud, maar lekker. Die rit terug was soos ‘n “roller-coaster”, ons het viniger gery in die diep sneeu.

Ons het by Lake Louise gaan ski, dit is een van die mees populêre ski oorde hier. Dit het ‘n pragtige “lodge” met kaggels, hout-balke, restaurant en baie mense. Die berg is baie hoog met ‘n uitsig oor die meer, ons kon ongelukkig nie op die meer skaats nie, want die ys was nog nie dik genoeg nie. Daar was ook mooi “ice sculptures”by die hotel, ons het ook slees gesien wat deur honde getrek word.

Tokeloshe

No comments: