1.6.98

Calgary

‘n Mens kan die Rockies met sneeu van die stad af sien.
Daar is baie vreemde motors. Calgary is gras-groen en nie koud nie.
Die lug is skoon, daar is min, maar snaakse Graffitti.
Die huise lyk heel anders. Alles is so modern en ons voel dadelik veilig.

Ons bly ‘n maand in die Olympic Village, waar baie atlete tuis
gegaan het met die Winter Olimpiese spele van 1988.
Die groot woonstel met ‘n pragtige uitsig oor die stad het ‘n
skottelgoed-wasmasjien, groot wasmasjien, tuimeldroër, TV
(met oor die 50 kanale) Video masjien, Stoof, yskas ens.

Die stads-liggies as die son uiteiendelik sak, is asemrowend mooi.
Meneer Tokeloshe is weg in die week, hy vlieg Maandae
oggende uit en Donderdae aande terug. Hy vlieg na Boston,
Massachusetts. Ons seun kry waterpokkies. Ons ontmoet ander Suid-
Afrikaners by 'n ander Suid Afrikaners vir ‘n braai.

Hulle “Recycle” alles. ‘n Mens gee nie jou pakjies in nie, hulle vertrou
‘n mens. Die mense rook buite die geboue. Daar is apteke in elke winkel.
Die Kanadese sê ook Ja. Ons het honderde TV kanale , "Space", "History",
"Discovery", Frans, die weerkanale, Lughawe, ens,

Die geboue het glas-deure, dan ‘n ingangs-portaal en dan nog glas-deure.
Die winkels is meestal binne in die geboue, daar is voet-paadjies op die 2de
vloer wat die geboue aan mekaar verbind. Die “Plus 15” is skoon, altyd plus
15 grade verhit, +- 15 voet van die straat af en amper 15 kilometres lank.
Dit is ‘n nagmerrie om aan die regte kant van die pad te ry, maar ek bestuur
al die eerste week in die middestad, met my seun as my navigator

Ons sien een bedelaar of ongewenste persoon. ‘n Gans vlieg “Honk-Honk”
oor die midde-stad. Orals is pragtige brons-beelde, mooi motors, baie
“convertibles”, mooi trokke en ou geroesde karre. Dit is blykbaar weens
die sout wat hulle op die paaie gooi in die winter.

Tokeloshe

No comments: