25.5.98

Kanada hier kom ons!




Die vlug: (Woensdag 20 Mei 1998)
Ons vlieg van Durban af met British Airways, Boeing 747 na Heathrow, London.
Die vlug is deur die nag, ons sien ’n bietjie stads-liggies en sterre,
maar verder niks nie. Die kos is baie goed. Ek kan nie slaap nie,
ek is te opgewonde. Die volgende oggend sien ons woestyn en
berge, Algeria, daarna groen, riviere en las-lappies, Spanje en
Frankryk en uiteiendelik Engeland na 11 ure.

Heathrow: ( Donderdag 21 Mei 1998 ) Die vliegtuie parkeer reg
teen die geboue. Daar is baie verkillende nationaliteite in die
internasionale aankomste saal. Die aankondigings is in in baie
onbekende tale, daar is mans met Tul-bande, "Sheiks", ens.
Ons hoor nie Afrikaans nie. Dit lyk soos ‘n “Mall” binne.
Daar is baie “Duty free” produkte, soos “Jasperware” en
winkels soos “ Harrods”. Die Hamburgers by “ Mac Donalds”
is baie duur. Orals slaap mense. Ons voel beter na ‘n stort,
vars klere en ‘n rus van 8 ure.

Canadian Air: ( Vrydag 22 Mei 1998) Die vliegtuig is kleiner,
ons sit ongelukkig in die gang en die son skyn baie skerp.
Ons is baie moeg. ‘n Baba huil omtrent al die pad.
Die lugwaardinne offer “Tomayto juice”, “water-in-eyes”
(water and ice) en sê: “ You’re welcome” na elke “Thank You”.
Die vlug is 8 ure lank.



"Welcome": ( Vrydag 22 Mei 1998)
Ons was +- 30 ure in Transit. Die vliegtuie parkeer weer teen die geboue.
Ons loop deur lang gange, met mooi “ murals”.
Die lugawe lyk soos ‘n museum met beelde van bere,
Dinousourussse, ens. Die lughawe personeel heet ons
“welcome” in cowboy hoede. ‘n Mens moet agter ‘n rooi lyn staan,
somige mense se kosse word gekonfiskeer. By die “washrooms”
werk die krane en toilette automaties. Ek voel soos ‘n “Zombie”.
JD is daar om ons te verwelkom.

Reisroes: (Saterdag 23 Mei 1998)
Ons tyd is 8 ure na S.A. Ons bly vir ‘n week in die Westin Hotel,
“Downtown” Calgary. Dit is soos ‘n Vyfster hotel. Reisroes (Jet lag)
is erg. Ons is hoog, suurstof is min en ons raak maklik duislig.
Die son sak +- 8:30 en kom +- 4-5 vm op. Die dae is baie lank.
Ons lê vroeg in die oggned wa-wyd wakker en gesels.
Die midde-stad is verbassend stil, skoon en vriendelik.
Almal sê net “Have a nice day”.

Tokeloshe ©

No comments: