8.8.03

Banff Nationale park

Ons het na Banff Nationale park op 'n heerlike (25 grade) sonige dag gegaan. Ons het eers Lake Louise toe gegaan, daar was nog 'n bietjie ys op die meer. Die meer was nog nie daardie Smaragd groen kleur nie. Daar was toeriste van alle nationaliteite. Ons hond het orals aandag getrek, sy trek mos deesdae serpies aan. Sy wou baie graag swem, maar ons het dit nie toegelaat nie.

Ons is toe weer na Moraine meer toe , waar ek poskaarte gekoop het en ons het koffie gedrink. Ons het voor 'n opgestopte beer geposeer. Daarna is ons Johnston's Canyon toe, waarvan ek julle ook al vertel het. Daar is 'n "Catwalk" langs die rivier. Ek het vergeet hoe melk-wit die water was. Daar was heelwat voet-slaners. Ons het ontspan by Minawanke meer en toe het ons het by Joe's Diner in Banff geeët.

No comments: