6.3.02

Bowring Park

Dit lyk darem asof die winter uiteindelik vir eers verby is. Die grasperke word mooi groen, die bome kry blare en daar is weer blomme orals. Orals waar jy kyk is net Geel Madeliefies, (Dandelions) dit lyk so mooi, maar ‘n mens wil dit net net nie op jou grasperk hê nie. Blykbaar kan ‘n mens die blare soos Spinasie kook.

Ons was na die Botaniese tuine toe gewees, dit is heel natuurlik, maar baie ingestel vir opvoeding, daar was juis ‘n kleuterskool wat ook besoek het. Daar is stapels hout waaronder vlinders kan hibineer, vlêrmuis nesse, groente tuine, kompos hope ens, wat alles opvoedkundig is. Honde word nie toegelaat nie.

Ons was ook Bowringpark toe, 18 grade, waar honde toegelaat word. Dit is een van die oudste parke, maar word goed versorg. Hulle het selfs 'n "Hothouse" Dit is 'n groot park met die Waterford rivier wat daar deurloop. Daar is ook 'n "Duck pond", met blykbaar swane ook, maar ons het hulle nie gesien nie. Daar is mooi blom-beddings, veral die Tulpe is mooi, beelde, wandel-paadjies ens. Ons kan ook daar "Rollerblade", fiets ry ens. Alhoewel daar nie braai plekke is nie, is dit nou die plek vir 'n piekniek.

Ons het daardie aand gebraai, die miggies is net baie lastig. Die mense hier noem hulle "flies". Dit is nou die reën seisoen en die tyd van die jaar vir die lastige vlieë.

No comments: