n Paar van ons Suid Afrikaners was Lake Louise en Banff toe vir die dag. Dit was ‘n pragtige sons-kyn, maar koue dag. Die parkeeer area was gevries, toe skaats ons sommer daarop met ons skoene totdat imand amper sy boude gesien het.
Die bome was gevries en daar het “icycles” van die dakke en karre afgehang. By die meer het ‘n man met Lederhausen aan‘n Alpehoring gespeel, dit is pragtig soos dit teen die berge weerklink. Ons het deur die Chateau Lake Louise geloop, dit is baie mooi binne , met kandelare gemaak van Takbok horings.
Die Elk loop in die strate van Banff rond, ons het ‘window shopping” gedoen en lekker daar uit geëet.
Tokeloshe ©
No comments:
Post a Comment