Ons eerste Stampede. Meneer Tokeloshe is af. Ons ry met die bus in middestad toe.
Ons ontmoet ander Suid Afrikaners in die stad. Meeste mense,
self die kinders dra pragtige Cowboy klere. Ek kan nie wag dat ek volgende
jaar so kan aantrek nie. Die middestad is afgekamp. Daar is gratis
“Pancake” (Plaatkoekies) “Breakfasts”, vanaf “Chuckwagons”.
Ons kyk na die parade deur die middestad, die Rooihuide, Sjinese draak en
perde is die mooiste. Kort-kort kom grap-makers verby, dan moet ons
“ Hee- Haw! “ skree. Die gees is fantasties, daar bly geen rommel oor
in die straat daarna nie.
Ons ry daarna met die C– trein, na die Stampede gronde toe.
Almal koop trein kaartjies, daar is geen kondikteurs nie, jy “ validate” jou
kaartjie by ‘n masjien. Alhoewel vol, is die gees goed.
Die Skou kaartjies is $7.50 en nog meer vir die Rodeo en “Chuck-wagon”
resies.
Tokeloshe ©
No comments:
Post a Comment