6.9.01

Rawson meer, 9/6/01


Verlede Saterdag het ons op ‘n stap van +- 6 myl gegaan. Dit is waar Mnr. T. gaan “Snow shoe” het. Dit is die Rawson meer voetslaanpad, ‘n mens kan nie by die meer uitkom met ‘n motor nie. Die stap begin langs Kananaskis meer en volg daarna ‘n styl 45 grade klim. Dit is sowat ¾ uur van Calgary af. Ons het rug-sakke gehad met warm/ waterdigte klere, kos, water, kamera ens. Ons het gelukkig albei met loop-stokke gestap, Mnr.T. het syne gemaak sodat dit ook ‘n “Monopod” is vir sy kamera.

Die weer het pragtig begin, ons het in T-hemp en kort broek gestap en selfs begin sweet. Gelukkig was dit bewolk en tussen die bome. Ek moes kort-kort asem skep. Op pad het ons fotos geneem van Rawson waterval, wat klein is, maar nog gedeeltelik gevries is, sodat die dik ys onder aan die hout brug vas sit. Daar was ook ‘n hout paadjie van so 1 kilometer, waarvan hy nie eers geweet het nie, omdat dit laas deur sneeu bedek was. Hoe hoër ons gegaan het hoe koeler het dit geraak, sodat ons later deur meer as ‘n voet diep sneeu gestap het. Ek het nie waterdigte stewels gedra nie, so my skoene en sokkies het nat geword. Lessie geleer.

Rawson Meer. Die meer, +- 200’, was gedeeltelik gevries, met die Sarrail berg, +-3000’ en glêtser agter, dit was pragtig en die moeite werd. Daar was ‘n ligte reën, so ons het warmer aangetrek en lekker daar bo geëet. Die afdraende was makliker, maar hard op die knië Dit het ons so 3 ½ - 4 ure geneem. Daar was ‘n paar ander gesellige voet-slaners, o.a ‘n Engels man van JHB. Ons het ‘n eekhoring gesien en voëls gehoor. Daar was baie mos en ou bome. Op pad huis toe het ons bokke teë gekom. Ons het ‘n lekker bier, “Vodka cooler” en tee gedrink by die Kananaskis Lodge, saam met ander nat voet-slaners, by daardie tyd het dit gesous.

Tokeloshe

25.8.01

Moose Mountain


On Sunday we went with friends on the Moose Mountain hike in Kananaskis. It was a lovely day; we took backpacks with warm clothes, water and pad-kos. The hike up the mountain is about 14 kilos there and back. It is a steep climb up to about 1000M. There were many other hikers, some at least 20 years older than we were. It was tough with loose gravel, but fortunately cool, even cold and windy at the top, with a lovely view. There is a fire lookout at the top. It took us about 5 hours, with frequent rests, I almost gave up many times. But, I did it. We are all very sore. I was so glad we had walking sticks. This is the longest and toughest hike I have ever had. At least we had no blisters, just a little sunburn. A helicopter flew over us, close to the end, so silly me waves both her arms saying: “I wonder what they will do if you say H-E-L-P!” It kept on circling around us and I got very worried, fortunately they eventually left.